Spog uitslae vir Hoërskool Rustenburg swemmers
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Rustenburg swemmers verwerf spog uitslae tydens die NTS-swemgala wat op 16 en 17 Februarie 2024 te Hillcrest-swembad Pretoria plaasgevind het. Dedré Engelbrecht swem ‘n SA Nasionale junior kwalifiserende tyd tydens die 100m-rugslag. Dehan Lötter swem SA Nasionale ja junior kwalifiserende tye in al 4 sy items. Ons is besonders trots op al drie dié Rusties en hulle uitsonderlike prestasies. Die uitslae is as volg:
Dedré Engelbrecht
- 1ste in 100m-rugslag
- 1ste 200m-rugslag
- 2de 100m-vryslag
- 3de 200m-vryslag
Dehan Lötter
- 2de 200m-vlinderslag
- 1ste 100m-vryslag
- 1ste 200m-IM
- 1ste 200m-rugslag
Dylan Manini
- 1ste 200m-borsslag
- 3de 50m-vlinderslag
- 3de 50m-borsslag
Dylan Manini, Dedré Engelbrecht, Dehan Lötter










