Laerskool Bellville-Noord se Groentjiesklub ervaar verskillende boerderye tydens ‘n kamp
ADVERTISEMENT
Die naweek van 16-18 Februarie het die Groentjiesklub van Laerskool Bellville-Noord drie verskillende boerderye in die Piketberg/Eendekuil-omgewing besoek tydens ‘n naweekkamp. Ons het oornag by Die Ark-kampterrein op ‘n graan-en skaapplaas naby Koringberg.
Saterdag eerste was ons by ‘n gemengde boerdery naby Eendekuil waar ons gesien het hoe hul onder andere met varke boer en hoe skape geskeer word. Hierna was ons by twee plase op die plato van die berg by Piket-bo-berg. Die eerste plaas wat ons hier besoek het kweek appels en pere sonder om enige chemiese produkte te gebruik. Hul het ook ‘n erdwurmboerdery, het hoenders en maak hul eie botter en kaas. Die tweede plaas hier op die berg kweek boegoe en bonsai-boompies.
Die Groentjies kon dié dag die oulikste kuikens en hoenders vashou, self in grond grawe en soek na die slymerige wonderwerkers genaamd erdwurms, asook ‘n baie saggeaarde koei van naderby ontmoet. Hul kon ook van die oulikste varkies vashou. Die stadjapies het beslis die besoeke aan die plase terdeë geniet en leersaam en baie interessant gevind

Oom Johan van Kraayenburg wys vir die kinders waar om te kyk om Tafelberg doer ver op die horison te sien vanaf sy stoep hoog op teen die berg. Hy het hul net voor dit meer vertel van sy bonsai-kwekery.

) Sonder die gebruik van enige chemikalieë op Vergesig Plaas kon ons appels net so direk vanaf die boom eet.














