Laerskool Bellville-Noord Groentjiesklub besoek Montagu
ADVERTISEMENT
Die naweek (24 tot 26 Februarie) het die Groentjiesklub van Laerskool Bellville-Noord die dorp Montagu besoek. Twee museums, hul uiters gewilde Saterdag-dorpsmark asook die Guano Grotte-oord se plaasdiere en waterpark was op die program. Daar was ook beide aande ‘n nagmars in die dorp en ‘n lê-en-sterrekyk-geleentheid in ‘n lekker donker park hoog op in die dorp danksy beurtkrag.

Ons besoek Jouberthuis in die hoofstraat

Van die kampers maak kennis met ‘n paar plaasdiere

Van die kampers maak kennis met ‘n paar plaasdiere

Van die kampers maak kennis met ‘n paar plaasdiere

Die ontbyt was so lekker dat De Bos-gasteplaas se perd ook wou kom saam eet tot groot vermaak van die kinders.

Lekker boereworsrolle na ‘n besige dag.

Terug na ‘n lekker nagmars deur die dorp









