Worcester-Noord Primêre Skool is ongelooflik trots op hul gimnaste
ADVERTISEMENT
Worcester-Noord Primêre Skool is ongelooflik trots op Briana George en Zahn Hugo wat die afgelope naweek aan die Wes-Kaap kampioenskappe in Saldanha deelgeneem het.
- Briana presteer as volg: Eerste plek (goud) op al vier haar apparate. Sy neem ook die algehele eerste plek in vir dogters o.13, vlak 4.
- Zahn presteer as volg: Eerste plek (goud) op al vier haar apparate. Sy neem ook die algehele eerste plek in vir dogters o.7-o.10, vlak 5.
Beide dogters is in die Wes-Kaap span opgeneem. Hulle neem gedurende die Oktober skoolvakansie aan die SA Gym Games in Pretoria, deel.
Briana en Zahn
Marnel Alberts ontvang ‘n goue medalje by die Wes-Kaap gimnastiek kampioenskappe.
Marnel Alberts










