Primêre Skool Worcester gimnas neem deel aan die Wes-Kaap Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Dané van der Colff leerder van Primêre Skool Worcester het aan die Wes-Kaap Kampioenskappe deelgeneem. Uit 36 deelnemers behaal sy ‘n algehele agste plek in Vlak 4, 10 jaar. Sy verwerf ‘n brons medalje en word opgeneem in die Wes-Kaap span wat op 25 September in die Kaap aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gaan deelneem.










