Kollig Kunstefees – Showcase Laerskool Fontainebleau se harte bars van trots
ADVERTISEMENT
Kollig Kunstefees – Showcase laat Laerskool Fontainebleau se harte bars van trots!
Die Kollig Kunstefees is 24-26 Oktober afgesluit met ‘n spogvertoning – die Showcase. Die top 10 items uit die al die genres is genooi om tydens die Showcase op te tree. Daar is 41 items in totaal by die Showcase gelewer. Baie geluk aan al ons leerders wat Fonties daar verteenwoordig het. Julle deelname en gedrag was absoluut puik!
- Christiaan Grobler 96% Sang (Musical theatre) Christiaan is die algehele wenner van Kollig Kunstefees 2022.
- Mieke van Westing 94,5 % Dans (Kontemporêr) Mieke het ‘n algehele tweede plek vir Kollig Kunstefees 2022 behaal.
- Milan van Jaarsveld – 90% Drama (poësie)
- Lida-Mari Badenhorst 90 % Dans (Kontemporêr)
- Seniordansgroep 90% Dans (Liries)
Dit is fenominaal!















