Laerskool Kathu se junior koor blink uit by Noord-Kaap Kunstefees
ADVERTISEMENT
Die junior koor van Laerskool Kathu het op 29 Augustus aan die Noord-Kaap Kunstefees in Kimberley deelgeneem en met trots die skool se naam hoog gehou.
Met hul sprankelende vertolkings van “Last Rose of Summer” en die vrolike Afrikaanse lied “Sewe sakke sout” het die jong koorlede die gehoor se harte gesteel en die beoordelaar beïndruk. Die koor het ’n besonderse prestasie behaal deur ’n Goud A++-toekenning te verwerf – een van die hoogste onderskeidings wat toegeken word.
Die koorlede se harde werk, dissipline en entoesiasme het duidelik vrugte afgewerp.
Laerskool Kathu is baie trots op julle!












