Tennis prestasie vir Laerskool Noord-Eind
ADVERTISEMENT
Laerskool Noord-Eind o.11-dogters, o.12-seuns en -dogters het van Donderdag, 4 Desember tot en met Saterdag, 6 Desember deelgeneem aan die Six Gun Summer School Festival wat in Wellington plaasgevind het.
Die o.11-dogters is Milan Hamman, Liané Nel, Elri Ehlers en Hannah van Solms.
- Donderdag, 4 Desember wen vs Hugenote Laerskool.
- Vrydag, 5 Desember speel gelykop vs Hugo Rust B.
- Saterdag, 6 Desember verloor vs Hugo Rust A.
Ons dogters eindig algeheel 2de in die toernooi. Baie trots op julle.

Die o.12-seuns is Chris Ackerman, Derik Lemmer, Anroux van Zyl en Petrus Theron.
- Donderdag, 4 Desember wen vs Laerskool Mikro.
- Vrydag, 5 Desember wen vs Laerskool Vredendal.
- Saterdag, 6 Desember verloor vs Laerskool Durbanville.
- Wen vs Hugenote Laerskool.
Ons o.12-seuns eindig dus ook 2de in die toernooi.
o.12-dogters is Alma Nel, Jana Pienaar, Carin Laubsher en Luka van den Elst.
- Donderdag, 4 Desember verloor vs Laerskool Durbanville.
- Vrydag, 5 Desember speel gelykop vs Laerskool Mikro.
- Saterdag, 6 Desember wen vs Laerskool Vredendal.
- Wen vs Tennis Republic. Speel gelykop vs Hugenote Laerskool.
Ons o.12-dogters eindig dus 3de in die toernooi.

Baie dankie aan elke tennisspeler wat deelgeneem het. Hulle het weereens goeie sportmangees en uithouvermoë getoon.









