AWSUM School News

Top Menu

  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

Main Menu

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About Us
  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

logo

ADVERTISEMENT

Regional News

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About Us
  • Die Hoerskool Menlopark koor aangewys as die beste gemengde koor in Pretoria

  • Hokkie trots skitter by Hoërskool Volksrust

  • Onderhoude – Laerskool Bastion Eerstespankaptein-Jhano Swanich

  • Onderhoude – Laerskool Bastion Hokkiedogters Eerstespankaptein – Milan Kotzé

  • Dundee High School shows hearts against Ferrum High School


Laerskool BastionNorthern SuburbsRegional NewsWestern Cape
Home›Regional News›Western Cape›Northern Suburbs›Laerskool Bastion›Onderhoude – Laerskool Bastion Eerstespankaptein-Jhano Swanich

Onderhoude – Laerskool Bastion Eerstespankaptein-Jhano Swanich

By Karien Frans
11th May 2026
3
0

ADVERTISEMENT


Share:

Lees die spesiale uitgawe vir die Classic Clash tussen Bastion en Van Riebeeckstrand hier. Dis propvol spanfotos, onderhoude en al die aksie.  Ons gesels met die hokkieseuns eerstespankaptein van Laerskool Bastion– Jhano Swanich.

Jhano Swanich

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Dit was baie belangrik vir ons as ’n span om mekaar beter te leer ken en die kennis wat die afrigters aan ons oordra, te verstaan en toe te pas. Ons het hard gewerk aan ons fiksheid. Wat regtig vir my uitgestaan het, was hoe ons mekaar begin vertrou het. Ons het geleer om saam te speel en mekaar op die veld te ondersteun. Die afrigters se leiding het ’n groot rol daarin gespeel. Ons het spangees gebou en is gereed om elkeen ons beste te gee.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Hierdie jaar se eerstespan is anders omdat ons baie nuwe talent het wat met elke oefening en wedstryd verbeter. Ná elke toernooi en wedstryd groei ons selfvertroue. Ons is bereid om vir mekaar te veg, en dit gaan lei tot ’n opwindende seisoen vir ons ondersteuners om te geniet.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Ek probeer om kalm te bly en fokus op dit wat ons geleer het. Daar is spanning, maar dit help my ook om meer gefokus te wees. Binne my weet ek daar is ’n wakende hand oor my en my span. Ek bid voor elke wedstryd dat daar nie ernstige beserings sal wees nie. Vir my persoonlik is dit ’n groot eer om die kaptein van die o.13A-hokkiespan te wees. Ek probeer as speler ’n voorbeeld stel vir my span. Ek voel trots om Bastion op en van die veld te verteenwoordig.

Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ons pas dit toe wat ons afrigters tydens oefeninge vir ons leer en werk doelgerig aan foute wat in vorige wedstryde gemaak is. Ons is bereid om elke keer ons beste te gee vir die afrigters, die skool en ons ondersteuners. Ons is gemotiveerd om as ’n trotse hokkiespan elke oefening en wedstryd te geniet.

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Ons het vir onsself die standaard gestel om elke oefening en wedstryd alles te gee. Ons wil aanhou verbeter, beide as individue en as ’n span. Ons fokus ook op goeie spanwerk, kommunikasie en respek vir mekaar en vir die teenstander. Ons wil elke keer trots van die veld af stap omdat ons alles gegee het. Ons wil Bastion se naam hoog hou!

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Die wedstryd wat vir my die meeste uitstaan, is teen Gene Louw. Dit is ’n baie sterk span en daarom sien ek uit om teen hulle te speel. Dit is ’n wedstryd wat ons as span toets en wys waar ons werklik staan. Vir ons gaan dit nie net oor die telling nie, maar meer oor hoe ons as ’n span saamspeel en mekaar ondersteun op die veld. Ons sien hierdie wedstryd as ’n geleentheid om saam as ’n span te groei, selfvertroue te bou en sterker te word vir die res van die seisoen.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou? Dit is moeilik om een speler uit te sonder omdat dit ’n spansport is. As ek iemand moet kies, sal ek sê Dewald in Graad 6. Hy is ’n jong speler wat al baie verbeter het. Hy is iemand wat nie terugstaan op die veld nie en speel altyd met baie selfvertroue. Ek glo hy is iemand om dop te hou, want hy het baie potensiaal.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur? Die sport leer ons hoe om uitdagings te hanteer en nie moed op te gee nie. Dit wys vir ons hoe om saam in ’n span te werk. Jy leer om jou emosies te beheer en gefokus te bly, selfs wanneer dinge nie uitwerk soos jy wil hê dit moet nie. Dit help jou om te groei as ’n persoon en te besef dat deursettingsvermoë en harde werk belangriker is as net die uitslag.

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? As kaptein wil ek ’n leier wees wat my span motiveer en ondersteun. Ek wil iemand wees wat na ander luister, respek toon en altyd ’n positiewe houding het. Ek wil daar wees in goeie en slegte oomblikke. Ek sal ’n voorbeeld stel deur hard te werk en nooit moed op te gee nie. Ek sal ook sorg dat almal in die span ingesluit voel en aangemoedig word om hul beste te doen. Ek wil altyd wys dat elke speler gekies is vir ’n rede en trots kan wees om deel te wees van die o.13A-hokkiespan.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Wanneer mense ons span hierdie jaar sien speel, hoop ek hulle sal sien dat Bastion se spelers hard werk en goed saamwerk. Ek wil hê hulle moet sien dat ons mekaar ondersteun en altyd ons beste gee, maak nie saak wat die telling is nie. Ek hoop ook ander skole kan sien dat ons trots is om ’n Bassie te wees, en dat ons ons skool met respek, spanwerk en ’n positiewe houding verteenwoordig.

TagsBastion Vs Van Riebeeckstrand
Previous Article

Onderhoude – Laerskool Bastion Hokkiedogters Eerstespankaptein – ...

Next Article

Hokkie trots skitter by Hoërskool Volksrust

Share:

Related articles More from author

  • Laerskool BastionNorthern SuburbsRegional NewsWestern Cape

    Onderhoude – Laerskool Bastion Rugby Eerstespankaptein – Jean Strydom

    11th May 2026
    By Karien Frans
  • Laerskool BastionNorthern SuburbsRegional NewsWestern Cape

    Onderhoude – Laerskool Bastion Hokkiedogters Eerstespankaptein – Milan Kotzé

    11th May 2026
    By Karien Frans
  • Laerskool Van RiebeeckstrandRegional NewsTable Bay and MelkbosWestern Cape

    [Interview] Van Riebeeckstrand – First team rugby captain – Tristan van den Heever

    11th May 2026
    By Karien Frans
  • Laerskool BastionNorthern SuburbsNorthern SuburbsRegional NewsWestern Cape

    Laerskool Bastion stel hulle nuwe adjunkhoof bekend

    2nd July 2025
    By Linda
  • Bethlehem Voortrekker HoërskoolFree StateNorthern and Eastern Free StateRegional News

    ‘n Skitterende 2de plek vir Bethlehem Voortrekker Dogterskrieket in liga

    31st October 2022
    By Karien Frans
  • HelderbergPaul Roos GimnasiumRegional NewsWestern Cape

    Paul Roos Gimnasium se swemmers presteer

    5th November 2025
    By Karien Frans

  • Die Hoërskool MenloparkGauteng PretoriaPTA EastRegional News

    Die Hoerskool Menlopark koor aangewys as die beste gemengde koor in Pretoria

  • Free StateHoërskool WittebergNorthern and Eastern Free StateRegional News

    Groot lof vir Witteberg Tienertoneel

  • Breede ValleyLaerskool Worcester-OosRegional NewsWestern Cape

    Laerskool Worcester-Oos leerders neem deel aan die danskompetisie

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

Some people call it school news. We call it awsum.

Africa’s premier school network offers a multi-tiered communication platform to schools that include: The AWSUM Newspaper, AWSUM App for Schools, the 24/7 school news website and AWSUM Clashes.

 

 

Our ‘awsumness’ includes: New technology and media, an income opportunity that will be your biggest source of income outside of school fees and a new perspective on school news on one of Africa’s fastest growing school news platforms

© 2025 Awsum News.



CreativeMagic

Join Us on Facebook

  • Pretoria
  • Centurion & Midrand
  • Johannesburg
  • Vaaldriehoek
  • Durban
  • Midlands
  • Northern Natal
  • Free State
  • Cape Town
  • Boland
  • Breede Valley
  • Helderberg
  • Overberg
  • Swartland & Weskus
  • Northern Suburbs
  • Southern Cape
  • Noord-Kaap
  • North West
  • Limpopo
  • Mpumalanga
  • East London
  • Port Elizabeth
  • Eastern Cape – Towns
  • Home
  • Advertise with us