Laerskool Bastion stel hulle nuwe adjunkhoof bekend
ADVERTISEMENT
Ons wil graag vir Mev. Danélle van Rensburg gelukwens met haar amptelike nuwe pos as Adjunkhoof by Laerskool Bastion. Mev. van Rensburg se liefde en passie vir onderwys en vir ons leerders is duidelik sigbaar in alles wat sy doen. Ons wens haar alle sterkte toe in haar nuwe rol.










