Spanbou vir Laerskool Cradock Leerderleiers
ADVERTISEMENT
Die Leerderleiers van Laerskool Cradock het Donderdag, 27 Januarie 2022, ‘n baie leersame spanbou sessie, by Trip’n, gehad. Me. Maree, skoolhoof, het die leerderleiers toegepreek en hulle vir die jaar se werksaamhede gemotiveer. Daarna is hulle in vier spanne verdeel wat teen mekaar in sleeloop, hoepelryg en “paintball” meegeding het. Die Leerderleiers, onder die leiding van me. Annemie van der Walt, is beslis gereed vir die uitdagings van 2022!

V.l.n.r. Sulezo Gwayishe, Zunaid Muhammad, Mekea Karsten, Anina Slabbert, Alexi Booysen, Iminathi James maak gereed vir “paintball.”

Matthew Valavi, Torin Smith, Truby Willard, Leroux Botha, David Dingela, Jan-Louis Moolman

Vlnr Justine Human, Jac van Heerden, Liané van der Walt, Jayden Ackerman, Carla van der Merwe en Avethandwa Kiewiets









