Drietal HS Merensky onnies beste in Mopani-Wes
ADVERTISEMENT
Drie leerkragte van Hoërskool Merensky het op 1 Februarie 2022 hul pryse as beste 2021 presteerders in hul kategorie in die jaarlikse Nasionale Onderwystoekennings van die Departement van Onderwys, by Tivumbeni in Nkowankowa ontvang. Mnr. Magnus Steyn, skoolhoof, het posisie 1 in die Mopani-Wes distrik in die kategorie “Uitnemendheid in Hoërskool Leierskap” opgeraap.
In die kategorie, “Uitnemendheid in Hoërskool Onderwys” het mnr. Muller Boshoff as die wenner in die distrik weggestap. Me. Monique de Lange is gekroon as distrikswenner in die “Superheld”-kategorie.

Magnus Steyn receives award

Mnr. Muller Boshoff

Me. Monique de Lange

Mnr. Magnus Steyn, skoolhoof









