AWSUM School News

Top Menu

  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

Main Menu

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

logo

ADVERTISEMENT

Regional News

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Reddam House Bedfordview student takes debating talent to Harvard stage

  • The one habit that separates SA’s top-performing learners from the rest

  • Vrystaat-stoeiers blink uit by SAWF Greco-Roman Nasionale Kampioenskappe

  • New Horizon College Annual Fun Day a huge success

  • Hoërskool Bredasdorp sportsentrum droom groei


Laerskool BastionNorthern SuburbsRegional NewsWestern Cape
Home›Regional News›Western Cape›Northern Suburbs›Laerskool Bastion›Onderhoude – Laerskool Bastion Rugby Eerstespankaptein – Jean Strydom

Onderhoude – Laerskool Bastion Rugby Eerstespankaptein – Jean Strydom

By Karien Frans
11th May 2026
109
0

ADVERTISEMENT


Share:

Lees die spesiale uitgawe vir die Classic Clash tussen Bastion en Van Riebeeckstrand hier. Dis propvol spanfotos, onderhoude en al die aksie.  Ons gesels met die rugby eerstespankaptein van Laerskool Bastion – Jean Strydom.

Jean Strydom

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?Ons o.13-voorseisoen het reeds in Desember begin met ’n streng oefenprogram wat elke speler moes volg. Dit het ons gehelp om fiks en voorbereid die jaar te begin. Ons het op ’n voorseisoentoer na Riversdal gegaan, asook aan die Eikestad-toernooi en die Kobus Wiese Super Series deelgeneem. Ons het daar as ’n span vir mekaar gespeel, hard gewerk en by albei toernooie as algehele wenners weggestap.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Hierdie span is anders omdat ons al lank saam speel. Ons het ’n goeie kombinasie van Graad 7- en Graad 6-spelers, en dit werk baie goed. Ondersteuners moet opgewonde wees omdat ons alles op die veld opoffer en as ’n span saamspeel. Baie mense mag ons dalk onderskat, maar ons is gereed om hulle verkeerd te bewys.

Wat gaan deur jou kop voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken dit vir jou persoonlik? Ek onthou hoe ek na die ou eerstespanne opgekyk het, en nou is dit my beurt om vir jonger spelers ’n voorbeeld te stel. Rugby het vir my ongelooflike geleenthede gegee. Ek het nuwe vriende gemaak, myself leer ken en geleer dat jy op jou spanmaats kan vertrou wanneer jy uitdagings in die gesig staar.

Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ons begin soms ’n bietjie skrikkerig, maar sodra die wedstryd aan die gang kom, onthou ons hoe hard ons gewerk het en vir wie ons speel. Dan skop die selfvertroue in. Ons spangees is baie sterk. Ons motiveer mekaar, speel soos broers en tel mekaar op wanneer iemand ’n fout maak. Ons breek nie mekaar af nie — ons staan saam.

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Ons wil die jaar geniet, goeie spangees bou, goeie ambassadeurs vir die skool wees en herinneringe maak wat vir altyd by ons sal bly. Ons wil ook wys dat hierdie span anders is as vorige eerstespanne.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Randhart by Wildeklawer staan vir my uit, want dit is ons eerste wedstryd by ’n groot toernooi waar baie sterk skole deelneem. Dit is waar ons onsself kan meet en regmaak vir die seisoen. Durbanville is ook altyd ’n groot wedstryd — dis daardie een wat jy altyd wil wen.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou? Enzo Venter gaan mense verras. Hy het van o.10 af in die B-span begin, maar het ongelooflik hard gewerk en homself baie verbeter. Nou is hy in die o.13A-span, was saam met my in die span van die toernooi by die Kobus Wiese Super Series, en het ook deurgedring na rondte 2 van die WP-proewe. Hy het ’n groot impak op ons span en is iemand om dop te hou.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die veld gebeur? Rugby leer jou om groot te mik, dissipline te hê en nederig te bly, veral wanneer jy wen. Dit leer jou ook om jou afrigters te vertrou en op jou spanmaats staat te maak. Vir my het rugby my lewe verander. Dit het my geleer om in myself, my vriende en my span te glo. Sonder rugby sou ek nie dieselfde mens gewees het nie.

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? Ek wil ’n leier wees wat die span se energie kan lig wanneer dinge moeilik gaan. Ek wil jonger spelers wys dat jy jou kop moet oplig ná ’n fout, weer moet probeer en altyd nederig moet bly. Ek wil ook wys dat harde werk jou ver kan bring. Ek was WP o.12A-kaptein deur harde werk, en ek wil ander wys dat enigiets moontlik is as jy bereid is om daarvoor te werk.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek hoop mense sal praat oor hoe goed ons saam speel, hoe ons vir mekaar speel en hoe ons bereid is om ons liggame op die spel te sit vir die span. Ek wil ook hê hulle moet sien dat die sukses van die o.13A-span nie net oor die A-span gaan nie, maar oor elke speler in die B-, C- en D-spanne wat sy kant bring. Ons is een groep, en almal speel ’n rol in die sukses.

 

TagsBastion Vs Van Riebeeckstrand
Previous Article

Laerskool Bellville-Noord leerder verwerf SA kleure

Next Article

St Charles College KZN Inland Hockey Representatives

Share:

Related articles More from author

  • Laerskool Van RiebeeckstrandRegional NewsTable Bay and MelkbosWestern Cape

    [Interview] Van Riebeeckstrand – First team rugby captain – Tristan van den Heever

    11th May 2026
    By Karien Frans
  • Laerskool BastionNorthern SuburbsRegional NewsWestern Cape

    Onderhoude – Laerskool Bastion Hokkiedogters Eerstespankaptein – Milan Kotzé

    11th May 2026
    By Karien Frans
  • Laerskool BastionNorthern SuburbsRegional NewsWestern Cape

    Onderhoude – Laerskool Bastion Eerstespankaptein-Jhano Swanich

    11th May 2026
    By Karien Frans
  • HelderbergPaul Roos GimnasiumRegional NewsWestern Cape

    Paul Roos Gymnasium Cricket excel

    1st October 2024
    By Andreneza Damonse
  • Gauteng JohannesburgHoërskool DinamikaJHB SouthRegional News

    Hoërskool Dinamika vs Hoërskool Die Anker

    6th September 2024
    By Andreneza Damonse
  • LimpopoMerensky Landbou AkademieRegional News

    Goeie begin vir Merensky Landbou Akademie skaakspelers

    20th February 2023
    By Karien Frans

  • Creston CollegeKwazulu-NatalRegional NewsSouth Coast

    Creston College surfers excel

  • Gauteng JohannesburgMidrand Fourways Sunninghill WoodmeadRegional News

    Kyalami Preparatory Winter Sport Festival

  • Benoni High SchoolEast RandGauteng JohannesburgRegional News

    Benoni High School raise money for animal shelters

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

AWSUM News is South Africa’s largest school news platform. Since 2013 we’ve published every school’s story — academics, sport, culture and leadership — connecting 4 000+ schools with the families who read them daily.



CreativeMagic

Join Us on Facebook

  • Pretoria
  • Centurion & Midrand
  • Johannesburg
  • Vaaldriehoek
  • Durban
  • Midlands
  • Northern Natal
  • Free State
  • Cape Town
  • Boland
  • Breede Valley
  • Helderberg
  • Overberg
  • Swartland & Weskus
  • Northern Suburbs
  • Southern Cape
  • Noord-Kaap
  • North West
  • Limpopo
  • Mpumalanga
  • East London
  • Port Elizabeth
  • Eastern Cape – Towns
  • Home
  • Advertise with us