Oakdale atleet van formaat presteer
ADVERTISEMENT
Righardt Stander, ‘n Graad 12 leerder van Hoër Landbouskool Oakdale, het vanjaar ‘n uitsonderlike atletiekseisoen beleef. Hy verteenwoordig die Wes-Kaap span wat aan die Nasionale Atletiek Kampioenskappe te Germiston deelneem.
Tydens die byeenkoms presteer hy uitsonderlik en verower hy ‘n silwer medalje in gewigstoot en spiesgooi asook ‘n brons medalje in diskus. Op 31 Maart 2022 neem hy deel aan die ASA- kampioenskappe in Potchefstroom en behaal hy ‘n 7de plek in spiesgooi en ‘n 10de plek in gewigstoot.
Righardt is ook gekies om op 23 April 2022 aan die senior ASA-kampioenskappe deel te neem te Groenpunt in Kaapstad. Knapgedaan Righardt, Oakdale is trots op jou!

Righardt Stander met sy drie medaljes, verower tydens die SA Atletiek Kampioenskappe in Germiston.









