Merensky Landbou Akademie redenaars skitter nasionaal
ADVERTISEMENT
Op 12 en 13 September 2025 het drie talentvolle Merensky Landbou Akademie leerders aan die Kansvatters Redenaars Nasionale Finaal by Laerskool Constantiapark in Pretoria deelgeneem.
- Eddie Mostert (graad 10) – Nasionale wenner in die Onvoorbereide kategorie en ’n sterk vertoning in die Voorbereide kategorie.
- Milan Ferreira (graad 9) – 3de plek in beide die Onvoorbereide en Voorbereide kategorie.
- Karien Smith (graad 8) – Maak haar hoërskool-buiging as finalis in die Voorbereide kategorie.
En die seisoen is nog lank nie verby nie: Op 20 September neem ons streeksfinaliste deel aan die Radikale Redenaar-kompetisie in Polokwane. In Oktober wag die nasionale finale van beide Radikale Redenaar en Oppie Tong Af. Sterkte aan al ons redenaars wat nog voorberei!

Eddie Mostert

Karien Smith Kansvatters

Milan Ferreira Kansvatters









