Laerskool Gericke het aan die Pro-Kennex Meesterstoernooi deelgeneem
ADVERTISEMENT
Die volgende Laerskool Gericke leerders het Woensdag 24 September aan die Pro-Kennex Meesterstoernooi deelgeneem. Slegs 8 spelers per ouderdomsgroep word uitgenooi na hierdie toernooi.
- o. 9-afdeling Ankia Slabbert (afwesig op die foto) behaal ‘n 4de en Irma-Ann Orffer ‘n 8ste plek.
- o. 10-afdeling Karlien du Toit (afwesig op die foto) behaal ‘n 5de plek.
- o. 11-afdeling Leopoldt Verhoef behaal ‘n 1ste plek. Adriaan Walters (afwesig op die foto) behaal 4de plek.
- o. 12-afdeling Mienka du Toit behaal ‘n 2de plek.










