Merensky Landbou Akademie leerder is baas van die Tour De Plaas
ADVERTISEMENT
Merensky Landbou Akademie 2023 se eerste Skole XCO bergfietsresies het op Saterdag 29 Julie op Plasieland plaasgevind. Die Plasies het weer met die Tour de Plaas gewys hoe dinge gedoen moet word, en massas fietsryers in Limpopo het opgedaag vir ‘n goed georganiseerde en baie suksesvolle byeenkoms.
Baie geluk aan Sophia van Wyk wat koning gekraai het in die Youth Girls-afdeling, met ‘n tyd van 45:17.2 minute, en Anke Rood as Junior Girl die 2de-podiumplek ingeneem het met haar tyd van 1:02:34.5. Die volgende Skole XCO-geleentheid word op 12 Augustus 2023 by HTS Tom Naudé aangebied.













