Hoërskool Ermelo graad 12-gasvryheidsleerders vaar goed in laaste prakties
ADVERTISEMENT
Op 2 en 3 Augustus het die graad 12-leerders van Hoërskool Ermelo wat Gasvryheidstudies as keusevak het, hul laaste PAT in die Errie-Suprème hotelskool aangebied. Nie net dien hierdie as deel van die graad 12’s se punte nie, maar berei die leerders voor vir die industrie. Die kelners het die restaurant laat lewe met stylvol gedekte tafels en versierings, terwyl die sjefs gesorg het vir geurige kulturele Suid-Afrikaanse geregte. Deeglike Mise-en-place is vooraf gedoen en met beplanning kon die Erries selfs spesiale Franse gaste tuis laat voel met die cuisine. Die matriek-gasvryheidsgroep maak die Erries baie trots. Welgedaan.
Die groep sjefs wat gesorg het vir die voortreflike geregte.
Leane du Toit en Jaclyn Venter met die creme Brulee van voorgesit is










