Ligbron Akademie vir Tegnologie krieketuitslae
ADVERTISEMENT
Ligbron Akademie vir Tegnologie se Eerste Seunskrieketspan het die afgelope Saterdag hul liga wedstryd teen Hoërskool Standerton met 103 lopies gewen. Ligbron het tydens hulle kolfbeurt 226 lopies aangeteken. Hul beste kolwers van die dag was Diean Swart wat131 lopies van 81 balle aangeteken het en Wikus Venter wat 27 lopies van 26 balle aangeteken het. Tydens hul boulbeurt het drie boulers Standerton se kolwers laat bont staan. Ruben Botha het 3 paaltjies vir 29 lopies gevat, Heath Kitchenmaster het 3 paaltjies vir 32 lopies gevat en Diean Swart het 2 paaltjies vir 37 lopies gevat.
Die o.15 seunskrieketspan het verlede Woensdag teen Hoërskool Piet Retief gespeel. Ligbron het eerste gekolf en et 227 lopies tydens hulle 20 boulbeurte aangeteken. Johardt Swanepoel was onkeerbaar agter die kolf en het 70 lopies van slegs 26 balle aangeteken. Piet Retief is vir 67 lopies tydens hul 11de boulbeurt uitgehaal. Luyanda Kubeka was die Liggies se meester bouler van die dag. Tydens sy 2½ boulbeurte vat hy drie paaltjies en staan slegs een lopie af.

Eerste Seunskrieketspan

o. 15 krieketsspan









