Hoërskool Ermelo gholfspeler blink weer uit op die baan
ADVERTISEMENT
Bea Breedt, graad-11 leerder van Hoërskool Ermelo, het op 26 en 27 Augustus te San Lameer aan die Junior Africa Golf Challenge deelgeneem. Hierdie toernooi word oor vier rondes oor twee dae beslis. Bea speel uitstekende gholf met tellings van 76, 82, 83 en ‘n uitstekende laaste rondte van 68 houe. Haar totaal van 309 besorg aan Bea die tweede plek onder al die dogters en ‘n vyftiende plek onder al die spelers (seuns en dogters). Bea is ook beloon vir haar goeie spel en is ingesluit in die Suid-Afrikaanse Ryder Cup span. Baie geluk, Bea.
Bea Breedt










