Ligbron Akademie vir Tegnologie kraai koning op krieketveld
ADVERTISEMENT
Twee van Ligbron Akademie vir Tegnologie se seunskrieketspanne het geseëvier in hul wedstryde teen Hoërskool Ermelo en Hoërskool Secunda.Die Erries moes die aftog blaas teen Ligbron se eerste span. Met die voordeel van hul tuisveld het die Liggies die wedstryd met 6 paaltjies gewen. Nadat hulle die loo gwen het, het hulle besluit om eerste te boul. Hulle het EHS in die 30ste boubeurt vir 133 lopies uitgehaal. In hul kolfbeurt het hulle hierdie totaal in die 25ste boulbeurt verby gesteek en die wedstryd beklink met ‘n telling van 134 vir 4. Amir Aziz het uitstekende boulwerk gedoen en 2 paaltjies vir 28 lopies gevat, wat hom die bouler van die dag gemaak het. Johardt Swanepoel was die kolwer van die dag met 47 lopies.
![]()
Die o.15B-span het hul T20 wedstryd teen Secunda met 7 paaltjies gewen. Secunda het eerste gekolf en hul kolfbeurt met 115 lopies vir 4 paaltjies geeindig. Die Liggies het Secunda se totaal in hul 13de kolfbeurt behaal, met die verlies van 3 paaltjies.
![]()










