Hoërskool Swellendam Krieket vs Montagu
ADVERTISEMENT
Op 29 Januarie het Hoërskool Swellendam se krieketspan na Montagu vertrek vir ’n uitdagende wedstryd. Met ’n jong span vir 2026 het Swellies ’n opdraande stryd teen sterk kompetisie gevoer. Hoewel die span nie die oorwinning kon behaal nie, het hulle deurgaans vasgebyt en nooit opgegee nie. Die wedstryd het waardevolle leerervarings vir elke speler gebied.
Die beste speler van die dag was Zach Booysen, wat vier paaltjies vir 32 lopies in vier beurte geneem het en ook drie vangkanse suksesvol benut het. Die span het merkwaardige uithouvermoë getoon en Hoërskool Swellendam trots gemaak. Ons sien uit na die res van die seisoen.










