Hoërskool Ermelo redenaars praat plekke los by Redenaarskompetisies
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo redenaars praat plekke los by Redenaarskompetisies
- ATKV Redenaars:Baie geluk aan An-Euné van Niekerk (gr. 10) wat landswyd as deel van die top 25 redenaars deelgeneem het aan die nasionale ronde van die ATKV-Redenaarskompetisie in die afdeling “voorbereide redenaars, gr.10-12”. Dit is voorwaar ‘n puik prestasie!
- Radikale Redenaars: Vier Erries dring deur na die provinsiale ronde wat op Saterdag 24 Augustus in Secunda plaasvind. Hartlik geluk en sterkte aan: Johanco Griesel (gr. 8), Carel Hancke (gr. 9), Madri van Niekerk (gr. 10) en An-Euné van Niekerk (gr. 10).
- Artistatue Redenaarskompetisie: Ses Erries dring deur na die nasionale finaal van die Artistatue Redenaarskompetisie wat op 31 Augustus by Midstream Kollege plaasvind. Hartlik geluk en sterkte aan: Kara McKenzie, Shiloh Theron, Sanele Mtshali, An-Euné van Niekerk, Ororiseng Sepitla, Ayanda Khumalo en Nhlakanipho Zwane.
- Interskole Redenaarsliga: Drie Erries dring deur na die nasionale finaal van die Interskole Redenaarsliga wat op 21 September by die Universiteit van die Witwatersrand plaasvind. Baie geluk en sterkte aan: Manelisi Smith, Carel Hancke en Kara McKenzie.
Baie geluk aan hierdie Erries en sterkte met die komende kompetisies. Mag jul woorde op vrugbare grond val!














