Dundee High School leerders neem deel aan die EG Jansen Redenaarskompetisie
ADVERTISEMENT
Mia vd Merwe en Danelle de Jongh het Dundee High School hierdie jaar by die redenaarskompetisie verteenwoordig.Hulle toesprake was uitstekend met ‘n balans tussen feite en emosie. Hulle het hul argumente met statistieke en praktiese vorbeelde ondersteun, wat hulle redenasies sterk en geloofwaardig gemaak het.
Alhoewel hulle nie die jaar ‘n prys gewen het nie, is hulle dankbaar dat hulle die geleentheid gegee is om hul redenasievermoëns te toon en om selfvertroue op te bou wanneer hulle voor ‘n gehoor optree.Hulle sien uit daarna om hierdie kompetisie weer in die toekoms te ondersteun en om die deelnemers se potensiaal verder te ontwikkel.









