Ligbron Akademie vir Tegnologie gholf uitslae
ADVERTISEMENT
Ligbron Akademie vir Tegnologie gholfspeler in Mpumalangaspan. RJ Kinnear, ‘n graad 8 leerder van Ligbron, het die afgelope naweek aan die Mpumalanga hoërskole gholfproewe in Middelburg deelgeneem. RJ het 7de in die provinsie geëindig, ‘n prestasie wat hom ‘n plek in die Mpumalanga hoërskole gholfspan verseker het.










