Paul Roos Gimnasium gholfspanne eindig eerste en tweede in die Boland-streekstoernooi
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan ons gholfspanne wat eerste en tweede gekom het in die Boland-streekstoernooi wat onlangs op Devonvale gespeel is. ‘n Spesiale geluk aan Nicolas van der Vyver, wat ‘n -9 gespeel het – ‘n persoonlike beste telling vir hom. Nege van ons seuns het ook onlangs aan die jaarlikse junior driehoekkompetisie tussen WP, Boland en Suid-Kaap gespeel. Welgedaan aan ons seuns in die Bolandspan wat die algehele kompetisie gewen het, en ook hul plek by SA Skole verseker het. Paul Roos Gimnasium se tweede span het tweede uit 11 skole geëindig.
![]()










