Hoërskool Volksrust gholf is 4de in Mpumalanga
ADVERTISEMENT
Op Maandag, 4 Augustus, het Volkies se B-liga wenners by die Mbombela-gholfbaan aan die Mpumalanga Finaal deelgeneem. Hoërskool Volksrust spelers het weereens groot trots vir ons skool gebring deur ’n uitdagende en onbekende baan met vasberadenheid aan te pak. Ná 18 gate het ons span ’n puik 4de plek in Mpumalanga verower met ’n totaal van 71 punte. Baie geluk aan elke speler met hierdie prestasie en dankie vir julle volgehoue entoesiasme en toewyding deur die seisoen. ’n Besonderse dank aan ons borge vir hul ondersteuning en betrokkenheid – julle maak hierdie sukses moontlik. Ons is trots om Volkies te wees!










