Laerskool Worcester -Oos leerders verwerf Westelike Provinsial kleure in dans
ADVERTISEMENT
Laerskool Worcester-Oos bars van trots op Mialé en Klári Crous wat hul Westelike Provinsie kleure vir dans verwerf het. Hierdie twee danseresse is verbind aan die Danique Fullard Dance Academy en het op 21 Julie deelgeneem aan die semi-finale van SACOPA (South African Championship of Performing Arts).Hulle gaan gedurende Oktober aan die SA-Kampioenskappe in Rustenburg deelneem.










