Hoërskool Bredasdorp onderneem die Kringe in ‘n Bos Toer 2026
ADVERTISEMENT
Vir 75 BD’s het Kringe in ‘n Bos deur Dalene Matthee ‘n nuwe betekenis gekry toe hul vanaf 19 tot 21 April 2026 eerstehands kennis gemaak het met die interessante simbole en plekke in dié veelbekroonde klassieke historiese roman. Vir elke leerder het ‘n ander besoekpunt die grootste bekoring ingehou. Dis moeilik om te kies watter wonder in God se skepping vir jou die heel mooiste is. Monkeyland, Birds of Eden en Jukani Wildekatplaas was Sondag aan die beurt. Ons het oorgebly by Harkerville Nature Reserve.
Maandag het hulle ‘n sirkelroete in die Knysna-bos gestap vanaf Krisjan se Nek – die geboorteplek van die hoofkarakter, Saul Barnard. Daarna het hulle ‘n lekker piekniekete in die woud geniet voor hulle besoek aan die Featherbed Reserve by die Knysna-Koppe. Maandagaand was almal netjies uitgevat vir ‘n besoek aan The Lookout-restaurant in Plettenbergbaai. Dinsdag is The Wolf Sanctuary besoek en kon hul ook die plaasdiere by die Touch Farm geniet. Daarna was dit tyd vir een van die hoogtepunte van die toer – hul het kennis gemaak met die bosreuse. Al die Oupote by The Elephant Park.
Die 22ste Kringe-toer, ‘n tradisie waarna elke BD al vanaf gr 8 af uitsien, is afgesluit met ‘n lekker verrassing. Elkeen het vir oulaas ‘n “goodfor” ontvang. Die oorspronklikheid en kreatiwiteit waarmee elke gr 11 sy/haar goodfor in Knysna spandeer het, getuig weereens daarvan dat ons BD’s kán planne maak. Dit was beslis ‘n wonderlike ervaring wat hierdie BD’s altyd sal koester.


















