Hoërskool Framesby leerder ontvang Oos-Kaap Provinsiale Kleure vir dans
ADVERTISEMENT
Hoërskool Framesby leerder Karli de Beer het gedurende Mei en Junie 2025 aan die Dance Sport Club League Street Dance kompetisies deelgeneem. Sy is gekies om die OP by die Street Dance Association Kampioenskappe te verteenwoordig, wat vanaf 3 tot 5 Oktober in Johannesburg plaasvind. Die DSCL Oos-Kaap se capping seremonie het op Saterdag, 27 September 2025, plaasgevind. By hierdie geleentheid het Karli ook haar Oos-Kaap Provinsiale Kleure vir dans, vir 2025, ontvang. Die kleure is deur die Oos-Kaapse Sport Konfederasie aan haar en die res van die OP-span toegeken.










