Hoër Landbouskool Marlow leerder presteer tydens die Matrikulant van die Jaar-kompetisie
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Burgert van Heerden (Gatiep) van Hoër Landbouskool Marlow wat aangewys is as matriek met die mooiste persoonlikheid en maniere tydens die Matrikulant van die Jaar-kompetisie, aangebied deur die Universiteit van die Vrystaat (UV), Netwerk24 en Volksblad.
Burgert is een van net drie pryswenners en stap weg met ‘n rits geskenkbewyse sowel as gedeeltelike beurs vir sy mediese studies. Marlow is ongelooflik TROTS op jou, Burgert!














