Laerskool Cradock ruiter presteer by die SANESA Skoleliga SA Nationale Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Lexie Fourie van Laerskool Cradock het in Parys, Vrystaat aan die Sanesa Skoleliga SA Nationale Kampioenskappe met haar perd, Waaksaam Memoir, deelgeneem.
Lexie behaal:
- Goue medalje – Western Pleasure
- Goue medalje – Level 2 Inhand
- Goue medalje – Showhack
- Goue medalje – Level 7 Ruiterkuns
- 3de plasing – Level 7 Performance klas
Lexie behaal ook die 3de plek-trofee vir Laerskool Cradock.
Sy behaal ook die 1ste plek-trofee vir die beste perd ruiter kombinasie (Laerskool afdeling). Lexie het vir die Oos-Kaapspan, 2 x 1ste plekke Span en Rosette en 3 x 2de plekke Span en Rosette behaal vir punte aangeteken vir die Oos-Kaap.
Die Oos-Kaapspan het algeheel 3de by die Nationale Kampioenskappe geëindig. Hierdie ruiters het werklik hulle skole ten volle verteenwoordig en ongelooflike prestasies behaal.
Baie geluk, Lexie. Ons is trots op jou.













