Laerskool Rooihuiskraal Junior Revue groep maak naam
ADVERTISEMENT
Laerskool Rooishuiskraal is besonder trots op die Junior Revue groep wat aan die finaal (top 7 groepe) van die Kaleidoscope kompetisie se gevorderde afdeling vir Junior Revues deelgeneem het. Die Rooimier Rockers het die skool se naam besonder hoog gehou! Baie geluk aan Laerskool Impala (1ste), Midstream College Primary/Laerskool (2de) en LS Generaal Hendrik Schoeman (3de) met hul plasings in die top 3. Volgende jaar maak ons wéér so!















