Hoërskool Eldoraigne produksiespan kook op die verhoog
ADVERTISEMENT
ELDO-STERRE SPEEL DIE UNISA KLEIN TEATER SE VERHOOG AAN DIE BRAND. Baie geluk aan die span van, 𝑊𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝐾𝑟𝑎𝑎𝑖𝑒 𝐾𝑟𝑦𝑠, wat 27 Augustus deelgeneem het aan die ATKV Tienertoneel Gauteng streeksfees 4. Hulle het die gehoor en beoordelaars vermaak en ingetrek in die wêreld van Kreef en die AAJB. Hulle ontvang 3 Silwer en 18 Goue sertifikate, o.a. ʼn Goud vir Produksie. Ons hou duim vas dat hierdie besonderse produksie deurdring na die streeksfinaal sodat hul storie weer op die verhoog vertel kan word.












