Laerskool Paarl Gimnasium leerders skitter by die Wêreld Robotika Olimpiade
ADVERTISEMENT
Drie van Laerskool Gimnasium se talentvolle seuns het onlangs ons skool verteenwoordig by die gesogte Wêreld Robotika Olimpiade in Pretoria. Hulle het hul tegniese vaardighede, kreatiewe denke en spanwerk ten toon gestel in ‘n kompetisie vol uitdagings en innovasie. Ons is ongelooflik trots op Christiaan Neethling, Christian Nel en Ben Flaum se prestasie en die manier waarop hulle Klein Gim se naam met trots laat skitter het!














