Hoërskool Swellendam leerders neem deel aan “World Robot Olympiad”
ADVERTISEMENT
Die internasionale WRO kompetisie (World Robot Olympiad) het die afgelope naweek (3 Augustus) in Kaapstad, by Parklands College, plaasgevind. 4 spanne van Swellendam het deelgeneem, waaronder drie leerders, Jaco Horne, Ruben de Graaff en Christelle Glatz in Hoërskool Swellendam is.
Hierdie Swellies se span het in die senior kategorie deelgeneem en ‘n totaal van 69 uit 165 punte behaal, wat toe genoeg is om ‘n goue medalje in die sak te steek. Hulle is gekroon as wenners van die senior afdeling vir “Western Cape North Provincial” en ons wag in spanning om die finale landswye uitslae te hoor, wat 9 Augustus bekendgestel sal word. Nogmaals baie geluk!

BO: Ruben de Graaff, Jaco Horn ,Christelle Glatz, Mnr. Glatz )









