Laerskool Nahoon vier Wêreld Boekedag
ADVERTISEMENT
Laerskool Nahoon vier Wêreld Boekedag. Wat ‘n belangrike dag om jaarliks gevier te word. Ons skool het dit sommer vir drie dae gevier. Op die eerste dag het die leerders vir hul klasmaats vertel van hul gunsteling boek. Dag twee het vir groot opwinding gesorg toe die senior leerders vir die junior leerders ‘n storie voorgelees het. Op dag drie kon die leerders hul skoolklere by die huis los en soos hul gunsteling storieboekkarakter aantrek. Die leerders het ook die geleentheid gehad om storieboeke teen spesiale afslagpryse te koop.















