Laerskool Kathu vier Wêreldboekedag
ADVERTISEMENT
Op Vrydag 25 April het Laerskool Kathu deelgeneem aan Wêreldboekedag. Leerders kon soos hulle gunstelingboekkarakter aantrek of soos beroepslui ter viering van Werkersdag (1 Mei). Die leerders het voorwaar ’n haas uit ’n hoed getrek met hul kreatiewe uitrustings. Daar was Pippie Langkous, Raponsie, rugbyspelers, polisiemanne, Harry Potter, Pinnochio, Asterix en Obelix en verskeie ander kleurryke karakters. ’n Hele paar onderwysers het ook spesiaal aangetrek vir boekedag om hul leerders te inspireer.






















