Hoërskool Framesby OP-Atletiektoekenningsaand 2025 uitblinkers
ADVERTISEMENT
Tydens die OP-Atletiektoekenningsaand 2025, wat op 21 November 2025 plaasgevind het, het Hoërskool Framesby se atlete talle trofees en toekennings verower.
Die volgende atlete het erkenning vir medaljes by die SA Atletiekkampioenskappe verower, ontvang:
- Lincoln Kunneke – Bronsmedalje – Hamergooi – so.18
- Liam Smit – Bronsmedalje – Paalspring – so.16
- Tamlyn Heyman – Silwermedalje – Hamergooi – do.16
- Kayden Thoresson – Goue medalje – Paalspring – so.18
Kayden Thoresson het erkenning ontvang vir sy OP-rekord in paalspring (Seuns o.18) met ’n hoogte van 4,45 m, wat hy by die ASA Kampioenskappe opgestel het.
Die volgende atlete het kategorie-toekennings ontvang:
- Tamlyn Heyman – Dogters Subjeugatleet van die Jaar
- Tiané Slabbert – Dogters Jeugatleet van die Jaar
- Kayden Thoresson – Seuns Jeugatleet van die Jaar
Ons is uiters trots op ons atlete wat dié besondere erkennings ontvang het vir hul uitsonderlike prestasies en verteenwoordiging op nasionale vlak.










