Hoërskool Witteberg se ryers vereer by die Vrystaat prysuitdeling
ADVERTISEMENT
Gedurende die Vrystaat Fietsry-prysuitdeling (Saterdag, 26 Oktober) is Hoërskool Witteberg se ryers vereer vir hul prestasies gedurende die jaar. Die Witteberg-span het ’n trofee ontvang vir die Beste Gemengde Skool in die provinsie vir die XCO-reeks en die 2de plek vir die XCM-reeks. Inge van Heerden het spesiale toekennings ontvang tydens die prysuitdeling vir:
- Beste junior meisie-bergfietsryer in haar afdeling.
- Beste algehele junior meisie-bergfietsryer.
Sy het ook ’n trofee ontvang vir die 3de beste Sub-Junior meisie in XCO en XCC in die SA’s.
- Franco van Heerden het sy Vrystaat-klere ontvang in XCO en Marathon.
- Inge van Heerden het Vrystaat-klere ontvang in XCO, Marathon en Padfiets.

Aw Burger (links) en Franco van Heerden (regs)

Inge van Heerden









