Hoërskool PJ Olivier prysuitdeling
ADVERTISEMENT
Hoërskool PJ Olivier se prysuitdeling het op 10 en 11 Oktober 2024 plaasgevind.
PJ se DUX-leerder van 2024 is Christo Botha. Hy beklee al die afgelope paar jaar die Eerste Klasposisie. Hy doen nie net goed akademies nie, maar is ook baie kunstig en het, buiten die trofees wat hy by PJ ontvang het, ook verskeie toekennings van Johan Carinus Kunsskool gekry. Baie geluk, Christo!
Christo Botha
Sportvrou van die Jaar: Marcelle Schoonbee was ‘n staatmaker op die netbalbaan. Sy het vir die eerstespan gespeel, was die kaptein en het selfs van die jonger spanne afgerig. Op die atletiekbaan het sy uitgeblink as Victrix Laudorum en deurgedring tot by die OP kampioenskappe. Sy was ook ‘n kranige tennisspeler, wat alreeds van Gr.4 af vir die eerste tennisspan gespeel het. Dis vir ons ‘n voorreg om Marcelle te eer, vir die tweede keer, met hierdie trofee.
Marcelle Schoonbee
Ons kondig met trots ons BK vir 2025 aan. Tukela Seyisi is as voorsitter verkies en Randy Arnolds tot ondervoorsitter.
BK 2025
Beste Akademiese prestasie in Gr. 7: Veruschka Burger het verskeie toekennings by die prysuitdeling ontvang. Sy het in omtrent al haar vakke die beste in die klas gedoen. Boonop is sy nog kreatief ook, en het ‘n goue sertifikaat vir kuns gekry. Sy het beslis deur die jaar hard gewerk, en dis met trots wat ons die trofee aan haar toeken.
Veruschka Burger










