Laerskool Montagu netbal presteer
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Juf. Landi Koch wat gekies is as die bestuurder van die Kaapse Wynland o.12 netbalspan . Sy sal die span vergesel na die interdistriktoernooi. Baie geluk ook aan ons twee dogters, Amy en Katy wat gekies is vir die o. 12 Wynlandspan. Amy en Katy gaan van 16-19 Julie die Kaapse Wynland verteenwoordig by die Interdistriktoernooi op Riversdal.









