Vrystaat Netbalkampioenskap uitslae vir Primêre Meisieskool Oranje
ADVERTISEMENT
Op Vrydag, 13 Junie was dit die Vrystaat Netbalkampioenskap in Bloemfontein, te Onze Rust. Die Primêre Meisieskool Oranje o.13-span het ‘n 2de plek behaal en die silwer medalje ontvang. Die o.13 netbalspan het die geleentheid gehad om te kompeteer teen die beste spanne van die Vrystaat wat wenners in hulle streek was.
- Die wedstryde uitslae lyk soos volg:
- OMS wen teen Dagbreek 19-8
- OMS wen teen Vaalpark 15-1
- OMS wen teen Fichardtpark 19-10
- OMS wen teen Truida Kestell 23-11
- Semi-finaal: OMS wen teen Koppie Alleen 20-5
- Finaal: OMS verloor teen Universitas 12-13
Die o.13-span kwalifiseer om aan die SA Kampioenskap deel te neem gedurende die naweek van 24-26 Julie 2025.

o.13A Agter van links: Tatiana Oosthuizen, Engela Loock, Mev. Natasja Geyer (afrigter), Kaylin Seekoei, Luvé Miles. Voor van links: Lily Schutte, Mia Gericke, Kaylin Hanekom, Emma Myburgh.









