Laerskool Hennopspark spog met puik Tweekamp prestasie
ADVERTISEMENT
Laerskool Hennopspark is ongelooflik trots op Amelie Smith wat op 20 en 21 Maart aan Tweekamp in Oudtshoorn deelgeneem het. Teen sterk kompetisie van 75 deelnemers van regoor al die provinsies, het sy ’n uitstekende algehele 10de plek behaal. Wat hierdie prestasie nóg meer besonders maak, is dat sy as deelnemer van Gauteng eerste geëindig het. Sy is slegs 10 jaar oud en neem reeds in die o.11-afdeling deel – ’n bewys van haar deursettingsvermoë en talent. Baie geluk met ’n merkwaardige prestasie, Amelie.










