Tweekamp Prestasie vir Hoërskool Volksrust
ADVERTISEMENT
Hoërskool Volksrust is ongelooflik trots om aan te kondig dat Francois de Jager, ‘n graad 12 leerling van Volkies, Sondag aan die Dubbelkamp SA by Midmar deelgeneem het. Ondanks die bitter koue toestande het Francois sy deursettingsvermoë en vastberadenheid bewys in hierdie uitdagende wedren. Die wedren het bestaan uit ‘n 5 km hardloop, gevolg deur 20 km fietsry, en afgesluit met nog ‘n 2.5 km hardloop. Francois het nie net sy persoonlike beste tyd verbeter nie, maar hy het ook ‘n merkwaardige vierde plek in die o.19-afdeling behaal. Ons Volkies-familie is baie trots op jou, Francois! Hou so aan met die harde werk en toewyding.













