Laerskool Cradock netbalspeler word gekies vir die Oos-Kaap netbalspan
ADVERTISEMENT
Laerskool Cradock is baie trots op Calzesha de Reuck, ‘n o.13-speler, wat gekies is vir die Oos-Kaap netbalspan. Sy sal van 28 Junie tot 2 Julie deelneem aan die SA Skolenetbaltoernooi wat in Boksburg plaasvind. Baie geluk, Calzesha – ons wens jou alle sterkte toe!










