Bellville-Noorders verteenwoordig SA oorsee
ADVERTISEMENT
Twee graad 7-meisies van Laerskool Bellville-Noord het Suid-Afrika die afgelope maand oorsee in karate verteenwoordig in twee verskillende internasionale kompetisies.
Clarese Lourens het by die 10de Statebondspele Karate Kompetisie (9 tot 11 September) in Birmingham, Engeland deelgeneem en derde geëindig en so ‘n brons medalje losgeveg. Sy is dus die derde beste Karateka in Kumite in die Statebondslande in haar ouderdomsgroep. Sy was in ‘n groep van 19 meisies wat hul lande verteenwoordig het.
Carla Kotze het weer deelgeneem by die 6de WGKF GOJU-RYU Kampioenskappe (8-11 September), in Foligno, Italië. Hier het sy gewen teen Italië se verteenwoordiger in haar ouderdomsgroep. Sy het ongelukkig haar verdere twee gevegte verloor en dus nie na die volgende rondte deurgedring nie. Ons is steeds trots op haar wat haar land hier kon verteenwoordig.

Clarese Lourens met haar brons medalje.

Clarese (links) en Carla voor hul vertrek het.

Carla Kotze in haar SA sweetpak.









