Laerskool Courtrai atlete het uitstekend gevaar by die SA atletiekkampioenskappe
ADVERTISEMENT
Die 3 leerders van Laerskool Courtrai het uitstekend gevaar by die SA atletiekkampioenskappe. Mia Janse van Noordwyk (o.13) wen die 75m hekkies, 200m hekkies, asook die verspring. Sy verbeter die SA rekord in al 3 haar items. Sy was ook lid van die 4 x 100m aflos, wat hul ook gewen het in n nuwe SA rekord. Pietman de Necker (o.11) wen die goue medalje in die hoogspring. Ellene Markram (o.10) wen die brons medalje in die gewigstoot.
![]()









