Laerskool Bellville-Noord netbaldag was uiters suksesvol
ADVERTISEMENT
Saterdag, 24 Mei, was weereens Laerskool Bellville-Noord se uiters gewilde en suksesvolle netbaldag. Hierdie jaar het Telkom toegetree as hoofborg. Ons was ook bevoorreg om die SPAR Protea-afrigter, me. Jenny van Dyk, asook een van die SPAR Protea-spelers, me. Tumi Mahloko by die skool te ontvang. Selfs Netball South Africa CEO Modiegi Komane, het kom inloer. Hierdie dames het vele handtekeninge uitgedeel en ook die pryse aan die baan- en ander wenners oorhandig. Vyf skole en een klubspan het deelgeneem. Dié skole en klub was onsself, Bellville Klub, Ls Excelsior, Ls De Tyger, Ls Labiance en Ls Goodwood-Park. Daar was ongeveer 200 meisies van 20 spanne teenwoordig. Elke span het vier wedstryde gespeel waarna ‘n baanwenner vir elke ouderdomsgroep aangewys was. Hier is die baanwenners:
- onder 10- Bellville klub
- onder 11- Ls Bellville-noord
- onder 12- Ls De TyGER
- onder 13- Ls Excelsior
Die geeswenners was:
- onder 10- Ls Excelsior
- onder 11- Ls De tyger
- onder 12- Ls Excelsior
- onder 13- Ls Labiance
Daar was ook vir elke span `n speler van die dag aangewys. Meerkat, ons skool se geluksbringer het weer ingeloer, en moes ook staan vir vele foto’s saam met spelers en ondersteuners en het ook vele drukkies ontvang én uitgedeel. Met die manspersoneel in die Paarl met rugbyspanne, was hierdie uiters suksesvolle dag heeltemal deur ons damespersoneel georganiseer, opgestel, afgehandel en weer opgepak. Die manspersoneel het net in die week gehelp met die opstel van die paviljoene.
Hier is al die spanne van Laerskool Bellville-Noord saam met die me. Tumi Mahloko (direk links van ons geluksbringer Meerkat) en me. Jenny van Dyk (regs van Meerkat). Die meisies met die sonbrille op is die o.11’s wat baanwenners was.
Hier is die o.10 baanwenners, Bellville Klub.
Hier is die o.11 baanwenners, Laerskool Bellville-Noord
Hier is die o.12 baanwenners, Laerskool De Tyger
Hier is die o.13 baanwenners, Laerskool Excelsior










