Laerskool Bakenkop leerder behaal 3de plek by Spur se Jongsterrre sangkompetisie
ADVERTISEMENT
Lise-Marie Olivier, Gr 7 leerder van Laerskool Bakenkop het saam met 5 ander Bakies deurgedring na die finaal van die Spur se Jongsterrre sangkompetisie. Die finaal het uit 32 talentvolle sangers uit die laerskole van Centurion bestaan. Lise-Marie het ‘n 3de plek gekry in die senior afdeling. Baie geluk Lise-Marie jou sang talent saam met jou “attitude” op die verhoog gaan nog vir vele vermaak sorg.












